‘n Vinnige een…

Februarie 13, 2008 at 10:24 vm (Pixels)

Ek het lanklaas ‘n ietsie kom sê hier op my blou blok, en ek sien daar’s ‘n vreeslike ‘ge-taggery’ aan die gang. So, net om darem te wys ek ignoreer julle glad nie, sal ek gou die nodige doen.

Ek weet die lysie van 10 dinge wat my af-tick is so laas-week, maar hier is dit in elk geval:

1.  Knorrige, ongeskikte mense. Veral daai wat glo hulle is so gemaak en gelaat-staan en almal moet dit nou maar net so aanvaar… Glo my, jy is NIE so gemaak nie! Doen bietjie iets daaraan!

2.  Mense wat net voor ‘n spoed kamera rem trap, sodat hulle teen 30km/h in ‘n 60km/h sone verby die kamera kan ry. Hoekom?

3.  Mense vir wie dit ‘n beginselsaak is om nie meer as ‘n 10% tippie vir ‘n kelner te gee nie. As hy sy werk goed gedoen het, hoekom nie? (Jis, ek was ook daar en weet dis harde, partykeer ondankbare werk!)

4.  As ouers voor hulle kinders baklei en op mekaar skree en vloek. Dit is ook kindermishandeling!

5.  Kla-kouse.

6.  As jy enige bak of bottel moet hervul en die dit beland ooral behalwe waar dit hoort. Soos wanner ek die koffie moet oorgooi en dit beland op die vloer, en dit was die laaste bottel koffie in die kas, en jy het kuiergaste… en jy weet jy moet iewers ‘n paar lepeltjies red…

7.  Mense op wie jy nie kan staatmaak nie. As jy weet jy kan, of gaan dit nie regtig doen nie, waarom maak jy beloftes?

8.  As ek by ‘n toilet aankom en daar’s net ‘n bruin kartonnetjie wat vir my staar. Dit is regtig nie harde werk om ‘n nuwe rolletjie in te haak nie! Probeer dit gerus.

9.  Wanneer al my goedjies opgelui is by ‘n winkel en ek besef ek het nie my kaart in my beursie nie.

10. Wanneer smouse “Nee dankie, ek het dit nie vandag nodig nie” nie verstaan nie.

En dan die storieboek-tag: Ek is nog besig om hierdie boek te lees, maar is darem al verby bl 123. Wow! is wat ek op hierdie stadium sê oor hierdie boek – ‘much food for thought’. Ek gaan beslis sy ander boeke ook vir my aanskaf.

People who are not interested in spirituality attribute these kinds of events to luck. I personally believe that ‘luck’ – at least the way we usually define it – has nothing to do with it. What most people call luck is nothing more or less than the application of synchronocity to the fulfillment of our intentions.

Synchro Destiny deur Deepak Chopra

Daarsy! Ek sien julle weer binnekort.

SS

PS: Vir die mense wat gevra het waar hulle na my musiek kan luister, daar is nou ‘n Sonia Sinclair-link op my blogroll. Gaan loer gerus daar.

Permalink 9 Kommentaar

Liedjie op Radio

Januarie 30, 2008 at 8:35 vm (Pixels)

Ek het gistermiddag amper my kar omgegooi toe ek myself op die draadloos hoor!! Ek moes dadelik aftrek om net my emosies onder beheer te kry. Dit was iets tussen ongeloof, spanning en opgewondenheid. En toe rol my trane. Onophoudelik! Ek kon skaars woorde uitkry, toe ek my man bel om vir hom te sê.

Ek het so week en ‘n half terug gehoor, RSG het ‘Mis Jou’ al in Desember gespeellys. As ek kon, sou ek 24/7 net radio geluister het. ‘n Mens moet jouself darem net een keer hoor!

Aag, ek weet dis seker nie regtig so groot ‘deal’ nie. Maar vir my was dit ‘n groot dag en ‘n baie belangrike oomblik. Een waaroor ek nog altyd net gedroom het.

(Ek moes die cd’s al vir ‘n lys ander radiostasies ook stuur, maar die bang-geit het my oorval. Ek het gedink ek sal maar wag om te hoor hoe dit afgaan by RSG – ek weet dis NIE die houding wat ek moet hê nie, maar dis baie ‘scary’ as jy nog nie die dikvel het nie. Die cd’s en adresse ry saam met my vanoggend. Ons sal gou eers ‘n draai by Postnet gaan maak!)

PS: Ek’s bietjie skaars die afgelope ruk, as gevolg van ‘n baie groot stelsel wat volgende week moet implementeer word. As daar nie soveel hic-ups was nie, sou ek definitief minder gestress het! En as die kliënt miskien minder knorrig was, sou ek beter kon slaap in die nag!

SS

Permalink 20 Kommentaar

Ma-wees is…

Januarie 23, 2008 at 11:00 vm (Pixels)

Ek lees vanoggend Boendoe en Dellie se blogs, en onthou dat ek iewers eendag iets gelees het wat so waar is. Vir al die ‘mere mortal women’:

 b8sep.jpg

A conversation between friends…

We are sitting at lunch when my friend casually mentions that she and her husband are thinking of “starting a family”.  “We’re taking a survey,” she says, half-joking. “Do you think I should have a baby?”

“It will change your life,” I say, carefully keeping my tone neutral.

“I know,” she says, “no more sleeping in on weekends, no more spontaneous vacations….”

But that is not what I meant at all.  I look at my friend, trying to decide what to tell her.  I want her to know what she will never learn in childbirth classes.  I want to tell her that the physical wounds of child bearing will heal, but that becoming a mother will leave her with an emotional wound so raw that she will forever be vulnerable.  I consider warning her that she will never again read a newspaper without asking “What if that had been MY child?”  That every plane crash, every house fire will haunt her.  That when she sees pictures of starving children, she will wonder if anything could be worse than watching your child die.

I look at her carefully manicured nails and stylish suit and think that no matter how sophisticated she is, becoming a mother will reduce her to the primitive level of a bear protecting her cub.  That an urgent call of “Mom!” will cause her to drop a soufflé or her best crystal without a moment’s hesitation.  

I feel I should warn her that no matter how many years she has invested in her career, she will be professionally derailed by motherhood. She might arrange for childcare, but one day she will be going into an important business meeting and she will think of her baby’s sweet smell. She will have to use every ounce of her discipline to keep from running home, just to make sure her baby is alright.  

I want my friend to know that everyday decisions will no longer be routine.  That a five-year-old boy’s desire to go to the men’s room rather than the women’s at McDonald’s will become a major dilemma.  That right there, in the midst of clattering trays and screaming children, issues of independence and gender identity will be weighed against the prospect that a child molester may be lurking in that restroom. However decisive she may be at the office, she will second-guess herself constantly as a mother.

Looking at my attractive friend, I want to assure her that eventually she will shed the pounds of pregnancy, but she will never feel the same about herself.  That her life, now so important, will be of less value to her once she has a child.  That she would give it up in a moment to save her offspring, but will also begin to hope for more years – not to accomplish her own dreams, but to watch her child accomplish theirs.

I want her to know that a cesarean scar or shiny stretch marks will become badges of honor.  My friend’s relationship with her husband will change, but not in the way she thinks. I wish she could understand how much more you can love a man who is careful to powder the baby or who never hesitates to play with his child. I think she should know that she will fall in love with him again for reasons she would now find very unromantic.

I wish my friend could sense the bond she will feel with women throughout history who have tried to stop war, prejudice and drunk driving.  I hope she will understand why I can think rationally about most issues, but become temporarily insane when I discuss the threat of nuclear war to my children’s future.

I want to describe to my friend the exhilaration of seeing your child learn to ride a bike.  I want to capture for her the belly laugh of a baby who is touching the soft fur of a dog or a cat for the first time.  I want her to taste the joy that is so real, it actually hurts.

My friend’s quizzical look makes me realize that tears have formed in my eyes.  “You’ll never regret it,” I finally say. Then I reach across the table, squeeze my friend’s hand and offer a silent prayer for her, and for me, and for all of the mere mortal women who stumble their way into this most wonderful of callings.  The blessed gift of God and that of being a Mother.

Permalink 11 Kommentaar

My Hero

Januarie 18, 2008 at 8:55 vm (Pixels)

Mams, jy’s altyd daar vir my… van lipstiffie-soentjies op my voorkop toe ek nog klein was, tot nou waar jy soos ‘n ware Ouma my kindertjies versorg en lief het met jou hele hart! Hoe begin ek dankie sê vir alles wat jy my geleer het, vir my gedoen het, en veral vir dit wat jy net verstaan… en aanvaar.

Ek en jy het ‘n paadjie gestap in hierdie lewe…  ons nagmerries het ons wakker gehou en gejaag. Ek het nog nooit mooi verstaan hoekom ons dit moes doen nie – weet nie of ek ooit sal nie. Maar ons het deur dit alles gekom, en dis die belangrikste!

Vir jou verjaardag, dra ek hierdie liedjie aan jou op – dis een van jou gunstelinge en die woorde is so gepas. En, ek dink as Pa nog hier met ons was, sou hy die hardste van ons almal saamgesing het!

Ek is so ongelooflik gelukkig om jou nog hier by my te hê. Jy is werlik die wind onder my vlerke! So lief vir jou, Mamma! xxx

It must have been cold there in my shadow,
to never have sunlight on your face.
You were content to let me shine, that’s your way.
You always walked a step behind.

So I was the one with all the glory,
while you were the one with all the strain.
A beautiful face without a name for so long.
A beautiful smile to hide the pain.

Did you ever know that you’re my hero,
and everything I would like to be?
I can fly higher than an eagle,
for you are the wind beneath my wings.

It might have appeared to go unnoticed,
but I’ve got it all here in my heart.
I want you to know I know the truth, of course I know it.
I would be nothing without you.

Did you ever know that you’re my hero?
You’re everything I wish I could be.
I could fly higher than an eagle,
for you are the wind beneath my wings.

Fly, fly, fly high against the sky,
so high I almost touch the sky.
Thank you, thank you,
thank God for you, the wind beneath my wings.

Permalink 5 Kommentaar

Anders

Januarie 14, 2008 at 2:06 nm (Pixels)

Anders as ander jare, het hierdie een nie so goed vir my begin nie. Ek moes geweet het, toe laas jaar se laaste snikke in gille verander, dat dinge bietjie anders gaan wees… Flou oujaars partytjies doen dit ook nie vir my nie!

Nog iets wat anders is, is my blog. Glad nie as gevolg van goeie beplanning nie. Die druk van een verkeerde knoppie (wat ek nie eers agtergekom het nie…), en my blou blokkie bladsy is vervang met hierdie een! Toe dink ek, dit moet ‘n ‘teken’ wees – hehehe, ja sure, né! Dit moet nou maar eers so lyk – weet nie waar ek my header gebêre het nie.

Mag hierdie jaar vir julle propvol wees van aangename anders-geite! Ek gesels weer op ‘n ander dag oor ander dinge.

SS

PS: Dis lekker om terug te wees!

Permalink 9 Kommentaar

Cheers vir eers…

Desember 12, 2007 at 1:53 nm (Pixels)

Ek het die afdraende pad gekry! En my voete kan skaars byhou… Nou’s ek reg vir vakansie hou!

Eers nog ‘n rukkie by die huis rond wees en dan die groot kamp aandurf. Op hierdie stadium gee ek regtig nie eers om as ons, tent en al ‘wegspoel’ hierdie jaar nie – ek wil net weg wees van alledaagse dinge!

Vir dié van julle wat vakansie het, geniet ‘n welverdiende break!

Ek sê vir eers, “Koebaai”!

SS

Permalink 9 Kommentaar

Kinders en vakansie

November 30, 2007 at 1:10 nm (Pixels)

Ons is nog net een week in die skoolvakansie in en ek is al klaar moedeloos! My kind sê sy’s verveeld!!!! Sy soek maatjies. (Ek kan verstaan dat dit nie vir ‘n 8-jarige lekker is om net heeldag met ‘n 20 maande oue ‘baba’ te speel nie… maar ‘baba’ verstaan dit glad nie!) En meeste van die maatjies is al weg vir die vakansie!

Ek het nog nie die vakansie-feeling gekry nie en werk nog kliphard aan ‘n paar dinge wat MOET klaar voor middel Desember. So, vir rondspeel en fliek saam met die kindertjies is daar nog nie tyd nie. Die jongste een se roetine slapie in die oggende is weg… missing… skoonveld! Want sussie is dan hier by die huis!

Daar is al geverf, geteken, kerskaartjies gemaak, geswem, koekies gebak, dvd’s gekyk, gelees, pop gespeel, en, en… Natuurlik wil baba alles saam doen – tot ousus se ergernis!! En die weer speel ook nie saam nie. Dit reën elke nou en dan.

Ek is bevrees die ge-kerm gaan my mal maak. Het enige iemand raad vir ‘n moedelose ma?

Permalink 9 Kommentaar

Ge-Tag

November 27, 2007 at 11:28 nm (Pixels)

Ek is deur Dellie ge-tag en moet ook nou 8 ‘interessante’ feite oor myself hier publiseer.

Nou goed, hier gaan ons:

1.  Ek is ‘n enigste kind.

2.  Ek was in 12 skole deur my skoolloopbaan, maar gelukkig, die laaste 4 jaar van hoërskool darem net in 2 skole! Dankie tog, want groot kinders maak nie so maklik ‘maakies’ soos die kleintjies nie… hehe

3.  Ek rig netbal af by die laerskool waar my dogtertjie is (Gr1 en 2’s) – dis baie fun!

4.  Ek het eendag, baie moons ago, my neus vel-af geloop teen ‘n growwe baksteen muur, na ‘n paar tequila’s te veel! Dit was baie weird, want ek het die muur gesien, maar nie besef ek loop so ‘vinnig’ nie… of so iets… Ek hou nog steeds baie van tequila, maar weet na dese wat my limitations is!

5.  Ek is mal oor langarm dans en het ook by sekerlik elke langarm-dansplek in Pta uitgehang doerie jare. Ek kan ramba, samba, cha-cha, jive, ens. – Liefie kan nie… ek het hom al probeer leer, maar dit sink nie lekker in nie. Nou’s hy maar net saam met my op ‘n dansvloer by troues vir ‘ondersteuning’. Hy beweeg net sy voete en hou my vas terwyl ek al die moves doen! (Hy’s ‘n goeie sport en het al vir my ge-breakdance… LOL!!)

6.  Ek het diep in my 20’s vir die eerste keer in ‘n kommune ingetrek saam met 4 ouens. Dit het my genees van alle hang-ups wat ek op daardie stadium gehad het… en miskien ook díe wat ek nog sou ontwikkel!

7.  Op skool wou ek baie graag draadjies gehad het, maar my tande wou nie skeef groei nie. Ek en ‘n vriendin het dan maar partykeer ‘n rekkie styf om ons tande gesit, sodat ons ook kan ‘snaaks’ praat – duh!

8.  Ek is mal oor bordspeletjies en kaart speel. My gunsteling is trivial pursuit, 30 seconds, en activity.

En net ‘n laaste een: Ek LOVE sushi en sal dit elke dag van my lewe eet!

Is nie seker wie almal al getag is nie!  Ek probeer maar vir Vygie , Annie en Adele.

Permalink 10 Kommentaar

Rooi Blertse

November 27, 2007 at 2:00 nm (Pixels)

Ek dink ek moet dalk vir ‘n rukkie my blog eerder Rooi Blertse noem! Hoekom? Want ek is, om dit sagkuns te stel, baie die m*#$%*r in!! Om so te sukkel om ‘n lyn te kry om te werk is mos verregaande… for goodness sake, as ek in Pofadder of Koekenaap gebly het, het ek dit miskien verstaan, maar ek bly in Pretoria! Ek vermoed die outjies was dalk ook te bang om hier by my huis aan te kom, want die eerste een wat hier opgedaag het – eers 5 dae NADAT ek die fout gerapporteer het – het nie in ‘n vriendelike, bedagsame, ordentlike vrou vasgeloop nie…

Gister was my lyne aan vir ‘n rukkie, maar nie lank genoeg om by julle te kuier nie. Na ‘n vreeslike geswetsery het ek vir my ‘n wyn’tjie ingegooi en rustig probeer raak. Na die derde glasie wyn het my vriendin se plan nie so sleg gelyk nie: Sy vertel my nou die dag, sy’s so gatvol vir hierdie ratrace. Sy verkoop sommer haar huis, koop ‘n karavaan en gaan bly iewers by die see. Dan gaan sy sandale maak en verkoop vir net genoeg geld om te kan oorleef!

Vandag is ek aanlyn… al vir ‘n paar uur, sonder probleme. Touch wood… Nou gaan ek eers bietjie kyk wat is nuus daar by julle – het julle vreeslik gemis!!

Permalink 6 Kommentaar

Krismiskoek

November 15, 2007 at 2:03 vm (Pixels)

Is dit net ek, of raak vrugtekoek regtig lekkerder hoe ouer ‘n mens word? As kind kon ek dit net nooit in my lyf kry nie, en al die ‘ou’ mense het gesmul daaraan.

Vir die afgelope 3 jaar bring Liefie, elke jaar hierdie tyd, ‘n heerlike vrugtekoek by die huis aan. Die eerste keer het ek hom baie snaaks aangekyk, dankie gesê, en die koek vir my ma gegee. Sy het elke nou en dan vir hom ‘n paar stukkies aangedra. Een aand raak ek lus vir ietsie soets en proe toe nou maar ‘skelm’ aan ‘n stukkie. Wow… glad nie te sleg nie! Teen die derde stuk, ‘n paar dae later, was ek hooked.

Die jaar daarna het dieselfde resep krismiskoek weer hier aangekom – teen Krismis was daar nie eers meer krummeltjies oor nie.

Eergister het ons weer ons geliefde krismiskoek gekry! En so sal ons, vir solank daai Tannie hulle bak, elke jaar een bestel. En raai wat? My kinders kry dit ook nie afgesluk nie! Maar ek weet hulle gaan ook eendag ‘oud’ wees.

Ons het besluit ons gaan stadig proe hierdie jaar…

Permalink 18 Kommentaar

Next page »