‘n Vinnige een…
Ek het lanklaas ‘n ietsie kom sê hier op my blou blok, en ek sien daar’s ‘n vreeslike ‘ge-taggery’ aan die gang. So, net om darem te wys ek ignoreer julle glad nie, sal ek gou die nodige doen.
Ek weet die lysie van 10 dinge wat my af-tick is so laas-week, maar hier is dit in elk geval:
1. Knorrige, ongeskikte mense. Veral daai wat glo hulle is so gemaak en gelaat-staan en almal moet dit nou maar net so aanvaar… Glo my, jy is NIE so gemaak nie! Doen bietjie iets daaraan!
2. Mense wat net voor ‘n spoed kamera rem trap, sodat hulle teen 30km/h in ‘n 60km/h sone verby die kamera kan ry. Hoekom?
3. Mense vir wie dit ‘n beginselsaak is om nie meer as ‘n 10% tippie vir ‘n kelner te gee nie. As hy sy werk goed gedoen het, hoekom nie? (Jis, ek was ook daar en weet dis harde, partykeer ondankbare werk!)
4. As ouers voor hulle kinders baklei en op mekaar skree en vloek. Dit is ook kindermishandeling!
5. Kla-kouse.
6. As jy enige bak of bottel moet hervul en die dit beland ooral behalwe waar dit hoort. Soos wanner ek die koffie moet oorgooi en dit beland op die vloer, en dit was die laaste bottel koffie in die kas, en jy het kuiergaste… en jy weet jy moet iewers ‘n paar lepeltjies red…
7. Mense op wie jy nie kan staatmaak nie. As jy weet jy kan, of gaan dit nie regtig doen nie, waarom maak jy beloftes?
8. As ek by ‘n toilet aankom en daar’s net ‘n bruin kartonnetjie wat vir my staar. Dit is regtig nie harde werk om ‘n nuwe rolletjie in te haak nie! Probeer dit gerus.
9. Wanneer al my goedjies opgelui is by ‘n winkel en ek besef ek het nie my kaart in my beursie nie.
10. Wanneer smouse “Nee dankie, ek het dit nie vandag nodig nie” nie verstaan nie.
En dan die storieboek-tag: Ek is nog besig om hierdie boek te lees, maar is darem al verby bl 123. Wow! is wat ek op hierdie stadium sê oor hierdie boek – ‘much food for thought’. Ek gaan beslis sy ander boeke ook vir my aanskaf.
“People who are not interested in spirituality attribute these kinds of events to luck. I personally believe that ‘luck’ – at least the way we usually define it – has nothing to do with it. What most people call luck is nothing more or less than the application of synchronocity to the fulfillment of our intentions.“
- Synchro Destiny deur Deepak Chopra -
Daarsy! Ek sien julle weer binnekort.
SS
PS: Vir die mense wat gevra het waar hulle na my musiek kan luister, daar is nou ‘n Sonia Sinclair-link op my blogroll. Gaan loer gerus daar.



Roer het gesê,
February 16, 2008 at 9:58 vm
Nommer 9 het al met my gebeur. Aarde sluk my in. Op ‘n besige Saterdag mOre met almal wat na my staar met ‘give it up already’ uitdrukkings. Eish… Dankie vir die link.
boendoe het gesê,
February 19, 2008 at 3:22 vm
Jy WAS skaars op hierdie blou blog!
Al die goed op jou grieflysie klink so bekend – wonder hoekom het EK nie daaraan gedink nie! Veral no 8 grief my grensloos…
Dellie het gesê,
February 19, 2008 at 6:17 nm
O ja, ekke is die skuldige ene by nommer 8…. rerig, ek plak net die nuwe rol op die leë ene neer, en Liefie vervang dit… want ek breek rerig elke keer daai hout dingetjie waarin hy moet pas… dankie my Liefie!
boendoe het gesê,
Maart 4, 2008 at 9:15 nm
Hehe, Dellie, toemaar, ek is self nie onskuldig nie…
Son, EK HET JOU OOK OP DIE DRAADLOOS GEHOOR!!!! As EK so emosioneel gevoel het om jou stem te hoor, dan wil ek nie weet hoe JY gevoel het nie. Baie geluk, ou ding. Ek hoop dis die begin van GROOT dinge!
Dellie het gesê,
April 2, 2008 at 9:53 vm
Helloo! Anybody home? Ek hoop jy werk aan ‘n nuwe CD…
Bottertjie het gesê,
April 10, 2008 at 11:06 vm
Hello ))))))hello((((( (eco) hie hie
Dellie het gesê,
April 30, 2008 at 3:14 nm
Hey jy!
Was lekker om jou raak te lees daar by my. Ons mis jou, maar ek is bly dit gaan goed met jou. Wat van so ‘n nuwe ou possie met al die nuus?
Lekker langnaweek!
boendoe het gesê,
Mei 7, 2008 at 9:58 vm
Ja-nee, ek kan maar net saam met Dellie vra: Nuwe possie, toe?
annedelicious het gesê,
Julie 9, 2008 at 4:33 nm
ek en jy kan hande skud.