‘n Vinnige een…

February 13, 2008 at 10:24 vm (Pixels)

Ek het lanklaas ‘n ietsie kom sê hier op my blou blok, en ek sien daar’s ‘n vreeslike ‘ge-taggery’ aan die gang. So, net om darem te wys ek ignoreer julle glad nie, sal ek gou die nodige doen.

Ek weet die lysie van 10 dinge wat my af-tick is so laas-week, maar hier is dit in elk geval:

1.  Knorrige, ongeskikte mense. Veral daai wat glo hulle is so gemaak en gelaat-staan en almal moet dit nou maar net so aanvaar… Glo my, jy is NIE so gemaak nie! Doen bietjie iets daaraan!

2.  Mense wat net voor ‘n spoed kamera rem trap, sodat hulle teen 30km/h in ‘n 60km/h sone verby die kamera kan ry. Hoekom?

3.  Mense vir wie dit ‘n beginselsaak is om nie meer as ‘n 10% tippie vir ‘n kelner te gee nie. As hy sy werk goed gedoen het, hoekom nie? (Jis, ek was ook daar en weet dis harde, partykeer ondankbare werk!)

4.  As ouers voor hulle kinders baklei en op mekaar skree en vloek. Dit is ook kindermishandeling!

5.  Kla-kouse.

6.  As jy enige bak of bottel moet hervul en die dit beland ooral behalwe waar dit hoort. Soos wanner ek die koffie moet oorgooi en dit beland op die vloer, en dit was die laaste bottel koffie in die kas, en jy het kuiergaste… en jy weet jy moet iewers ‘n paar lepeltjies red…

7.  Mense op wie jy nie kan staatmaak nie. As jy weet jy kan, of gaan dit nie regtig doen nie, waarom maak jy beloftes?

8.  As ek by ‘n toilet aankom en daar’s net ‘n bruin kartonnetjie wat vir my staar. Dit is regtig nie harde werk om ‘n nuwe rolletjie in te haak nie! Probeer dit gerus.

9.  Wanneer al my goedjies opgelui is by ‘n winkel en ek besef ek het nie my kaart in my beursie nie.

10. Wanneer smouse “Nee dankie, ek het dit nie vandag nodig nie” nie verstaan nie.

En dan die storieboek-tag: Ek is nog besig om hierdie boek te lees, maar is darem al verby bl 123. Wow! is wat ek op hierdie stadium sê oor hierdie boek – ‘much food for thought’. Ek gaan beslis sy ander boeke ook vir my aanskaf.

People who are not interested in spirituality attribute these kinds of events to luck. I personally believe that ‘luck’ – at least the way we usually define it – has nothing to do with it. What most people call luck is nothing more or less than the application of synchronocity to the fulfillment of our intentions.

- Synchro Destiny deur Deepak Chopra -

Daarsy! Ek sien julle weer binnekort.

SS

PS: Vir die mense wat gevra het waar hulle na my musiek kan luister, daar is nou ‘n Sonia Sinclair-link op my blogroll. Gaan loer gerus daar.

Permalink 9 Kommentaar