Liedjie op Radio

Januarie 30, 2008 at 8:35 vm (Pixels)

Ek het gistermiddag amper my kar omgegooi toe ek myself op die draadloos hoor!! Ek moes dadelik aftrek om net my emosies onder beheer te kry. Dit was iets tussen ongeloof, spanning en opgewondenheid. En toe rol my trane. Onophoudelik! Ek kon skaars woorde uitkry, toe ek my man bel om vir hom te sê.

Ek het so week en ‘n half terug gehoor, RSG het ’Mis Jou’ al in Desember gespeellys. As ek kon, sou ek 24/7 net radio geluister het. ‘n Mens moet jouself darem net een keer hoor!

Aag, ek weet dis seker nie regtig so groot ‘deal’ nie. Maar vir my was dit ‘n groot dag en ‘n baie belangrike oomblik. Een waaroor ek nog altyd net gedroom het.

(Ek moes die cd’s al vir ‘n lys ander radiostasies ook stuur, maar die bang-geit het my oorval. Ek het gedink ek sal maar wag om te hoor hoe dit afgaan by RSG – ek weet dis NIE die houding wat ek moet hê nie, maar dis baie ’scary’ as jy nog nie die dikvel het nie. Die cd’s en adresse ry saam met my vanoggend. Ons sal gou eers ‘n draai by Postnet gaan maak!)

PS: Ek’s bietjie skaars die afgelope ruk, as gevolg van ‘n baie groot stelsel wat volgende week moet implementeer word. As daar nie soveel hic-ups was nie, sou ek definitief minder gestress het! En as die kliënt miskien minder knorrig was, sou ek beter kon slaap in die nag!

SS

20 Kommentaar

  1. Zee het gesê,

    SS, wat lees ek hierso!!! Geluk man, hoop al daardie CD wat gepos word, word deur die betrokke partye gespeel oppie radio, gooi so newsflash as jy dalk weet wanneer dat ons kan inskakel ;)

  2. TristonJ het gesê,

    Hoe kan jy sê dis nie n groot deal nie! Die Great! Baie geluk! LOL ek sou nie net amper die kar gerol het as ek myself op radio moes hoor nie, ek sou verseker met wiele in die lug gelê het… Weer eens, baie geluk.

  3. karoles het gesê,

    Baie baie geluk!!!! Ek kan glo dit was sommer ‘n baie groot verrassing.

  4. boerinballingskap het gesê,

    Great! Ek is opgewonde vir jou onthalwe!

  5. mykopop het gesê,

    Veels geluk! Ek luister nogal so bietjie RSG en behoort dit binnekort te hoor – kyk uit vir die CD!

  6. Marina het gesê,

    GELUK!!!!!!!

  7. boendoe het gesê,

    Son, ek het sommer hoendervleis vir jou part! Dis ‘n prestasie. Wanneer sal jou cd beskikbaar wees in die winkels?

  8. wit perd het gesê,

    baie geluk.hoop als word `n groot sukses.

  9. sonstudio het gesê,

    Ag, dankie julle outjies!
    Ek weet ongelukkig glad nie wanneer dit weer gespeel gaan word nie – dis nie info wat hulle sommer vir jou deurgee nie (lyk dit my, in elk geval).

    Jong Boendoe, ek werk flippen hard om die fondse bymekaar te maak om daai cd’tjie uit te kry, maar mens skraap nie sommer daai bedrag oornag bymekaar nie… Maar ek sal laat weet, hoor! (Miskien moet ek die lotto begin speel!)

  10. Marina het gesê,

    Ek het nou vandag vir die eerste keer na jou songs gaan luister……baie , baie , baie mooi……doet so voort!!!!!

  11. idiwidi het gesê,

    cooooool!

  12. Roer het gesê,

    Ag dis sooooo great! Baie geluk. Jou sang is uitstaande. Stuur daai CD’s. Dis iets om op trots te wees.

  13. Dellie het gesê,

    Ek is al weer laaste, maar ek hoop nie die minste nie. Baie geluk my ding, ek is trots op jou! Ek luister baie na jou songs wat ek afgelaai het. Jy het ‘n pragtige talent. Een van die dae kan ons sê: “ag, ons ken haar al laaaankal! Sy is een van ons blogmaatjies!” :lol:

  14. luigi het gesê,

    mooi, waar kan ek luister?

  15. Dellie het gesê,

  16. Eben het gesê,

    Baie geluk vriendin!!!

    Nou vertelle Eben, het jy nie tans ‘n CD wat jy hier van jou blog kan verkoop nie??

    O ja, wil jy my nie mail, ek het iets ingedagte vir meer blootstelling. As jy nie my e-pos het, Dellie, Boendoe en Sonnie het dit!!

    Hoor graag van jou

  17. Eben het gesê,

    O jaaa Dellie (14) ek stem, en wat so nice ook gaan wees is dat wanneer ons almal Welkom toe kom, sal SS vir ons VERNIET sing!!! Heee Paaaaa … viva SS

  18. Zee het gesê,

    Gee tog bietjie n link vir ons om te luister groot please ;)

  19. wag-ʼn-bietjie het gesê,

    Baie geluk!

    Ek is vir nog ‘n rede hier:

    Jy is getag met “123…storieboek…678”, sien my blog vir besonderhede.

    http://wagnbietjie.wordpress.com

  20. Bottertjie het gesê,

    Ja, waar kan mens na jou gaan luister?

Lewer Kommentaar