My Hero

Januarie 18, 2008 at 8:55 vm (Pixels)

Mams, jy’s altyd daar vir my… van lipstiffie-soentjies op my voorkop toe ek nog klein was, tot nou waar jy soos ‘n ware Ouma my kindertjies versorg en lief het met jou hele hart! Hoe begin ek dankie sê vir alles wat jy my geleer het, vir my gedoen het, en veral vir dit wat jy net verstaan… en aanvaar.

Ek en jy het ‘n paadjie gestap in hierdie lewe…  ons nagmerries het ons wakker gehou en gejaag. Ek het nog nooit mooi verstaan hoekom ons dit moes doen nie - weet nie of ek ooit sal nie. Maar ons het deur dit alles gekom, en dis die belangrikste!

Vir jou verjaardag, dra ek hierdie liedjie aan jou op – dis een van jou gunstelinge en die woorde is so gepas. En, ek dink as Pa nog hier met ons was, sou hy die hardste van ons almal saamgesing het!

Ek is so ongelooflik gelukkig om jou nog hier by my te hê. Jy is werlik die wind onder my vlerke! So lief vir jou, Mamma! xxx

It must have been cold there in my shadow,
to never have sunlight on your face.
You were content to let me shine, that’s your way.
You always walked a step behind.

So I was the one with all the glory,
while you were the one with all the strain.
A beautiful face without a name for so long.
A beautiful smile to hide the pain.

Did you ever know that you’re my hero,
and everything I would like to be?
I can fly higher than an eagle,
for you are the wind beneath my wings.

It might have appeared to go unnoticed,
but I’ve got it all here in my heart.
I want you to know I know the truth, of course I know it.
I would be nothing without you.

Did you ever know that you’re my hero?
You’re everything I wish I could be.
I could fly higher than an eagle,
for you are the wind beneath my wings.

Fly, fly, fly high against the sky,
so high I almost touch the sky.
Thank you, thank you,
thank God for you, the wind beneath my wings.

5 Kommentaar

  1. Zee het gesê,

    Moeders is spesiaal. Geluk aan jou mams met haar geboortedag!

  2. platterfuss het gesê,

    Jou ma klink soos my ma,. Ons is geseend!

  3. boendoe het gesê,

    Geluk aan jou ma! Klink afgesaag, maar ma’s is die beste.

  4. Roer het gesê,

    Geluk met jou ma se verjaarsdag. Jy’s gelukkig om ‘n goeie ma te he^. Stunning liedjie.

  5. Dellie het gesê,

    Ek is alweer laat! :oops: Pragtige song. Jy is bevoorreg om haar nog te hê.

    Son-se-ma, hoop u het ‘n heerlike dag gehad, en mag u ‘n voorspoedige lewensjaar beleef.

Lewer Kommentaar