Anders
Anders as ander jare, het hierdie een nie so goed vir my begin nie. Ek moes geweet het, toe laas jaar se laaste snikke in gille verander, dat dinge bietjie anders gaan wees… Flou oujaars partytjies doen dit ook nie vir my nie!
Nog iets wat anders is, is my blog. Glad nie as gevolg van goeie beplanning nie. Die druk van een verkeerde knoppie (wat ek nie eers agtergekom het nie…), en my blou blokkie bladsy is vervang met hierdie een! Toe dink ek, dit moet ‘n ‘teken’ wees – hehehe, ja sure, né! Dit moet nou maar eers so lyk – weet nie waar ek my header gebêre het nie.
Mag hierdie jaar vir julle propvol wees van aangename anders-geite! Ek gesels weer op ‘n ander dag oor ander dinge.
SS
PS: Dis lekker om terug te wees!



boendoe het gesê,
Januarie 14, 2008 at 2:47 nm
Hierdie nuwe look van jou lyk glad nie sleg nie! En dis lekker om jou terug te he in ons midde!
platterfuss het gesê,
Januarie 14, 2008 at 3:31 nm
Dankietog ook jy’s terug! HEHE!
En jou nuwe look rerig nietekak nie! Seriaaaaaaaaasly so!!!!
mykopop het gesê,
Januarie 14, 2008 at 3:47 nm
Moenieworrynie, my blog se header lyk nog net so kaal soos WordPress hom vir my gegee het meer as 2 maande gelede!
Welkom terug, voorspoed en ons sien uit na ‘n lekker jaar se oor en weer lees.
Dellie het gesê,
Januarie 14, 2008 at 4:28 nm
Ek like ook die nuwe look. Al het dit nou per ongeluk gebeur!
Welkom terug, as die jaar k@k begin, beteken dit gewoonlik dit kan net beter word van daar af! (Dis wat ek vir myself oor en oor sê, en ek het myself nou al amper oortuig!)
Roer het gesê,
Januarie 14, 2008 at 4:51 nm
Synde ons nie mekaar persoonlik ken nie, raak ek altyd bekommerd as ‘n blog mater bietjie ‘weg raak’, want ‘n mens kan nie net bel en hoor of die darem nog in een stuk is nie. Welkom terug en moenie weer weg raak nie! (en ek hoor jou se^ “ja ma”)
sonstudio het gesê,
Januarie 15, 2008 at 8:17 vm
Dankie vir die ‘welkom terug’. Dan volstaan ek by hierdie look – al voel dit vir my of ek op iemand anders se blog is…
Roer: “Jaaaa, maaaaa!!!”
sonkind het gesê,
Januarie 16, 2008 at 3:08 nm
A change is as good as a holiday! Hou die ‘look’ – dit lyk cool! Welkom terug! En ek stem met Roer!
Butterfae het gesê,
Januarie 17, 2008 at 12:05 nm
Sjym, hoop die dae, weke wat vorentoe lê, is BAIE beter.
Tersia het gesê,
Januarie 17, 2008 at 1:04 nm
Ek hou van jou header! As daar weer iewers ‘n tydjie is, moet Jaco en Krista my kom help, want ek wil dit anders he….! Sterkte en alles wat mooi is vir jou 2008!!