Anders

Januarie 14, 2008 at 2:06 nm (Pixels)

Anders as ander jare, het hierdie een nie so goed vir my begin nie. Ek moes geweet het, toe laas jaar se laaste snikke in gille verander, dat dinge bietjie anders gaan wees… Flou oujaars partytjies doen dit ook nie vir my nie!

Nog iets wat anders is, is my blog. Glad nie as gevolg van goeie beplanning nie. Die druk van een verkeerde knoppie (wat ek nie eers agtergekom het nie…), en my blou blokkie bladsy is vervang met hierdie een! Toe dink ek, dit moet ‘n ‘teken’ wees – hehehe, ja sure, né! Dit moet nou maar eers so lyk – weet nie waar ek my header gebêre het nie.

Mag hierdie jaar vir julle propvol wees van aangename anders-geite! Ek gesels weer op ‘n ander dag oor ander dinge.

SS

PS: Dis lekker om terug te wees!

Permalink 9 Kommentaar