Cheers vir eers…
Ek het die afdraende pad gekry! En my voete kan skaars byhou… Nou’s ek reg vir vakansie hou!
Eers nog ‘n rukkie by die huis rond wees en dan die groot kamp aandurf. Op hierdie stadium gee ek regtig nie eers om as ons, tent en al ‘wegspoel’ hierdie jaar nie – ek wil net weg wees van alledaagse dinge!
Vir dié van julle wat vakansie het, geniet ‘n welverdiende break!
Ek sê vir eers, “Koebaai”!
SS



mykopop het gesê,
December 12, 2007 at 7:43 nm
‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2008 vir jou en jou gesin. Ook nog net twee nagte dan is ons weg uit die stad uit!
Blog off.
boendoe het gesê,
December 13, 2007 at 9:55 vm
SS,
Hoop julle het ‘n wonderlike tyd. Praat weer in 2008.
Dellie het gesê,
December 13, 2007 at 11:46 vm
Geniet dit! Geseende Kersfees, en alles wat mooi is vir 2008!
platterfuss het gesê,
December 13, 2007 at 2:15 nm
Enjoy… pas jouself op!
boerinballingskap het gesê,
December 13, 2007 at 2:38 nm
Ditto! Mooi Kersfees en ‘n 2008 vol opwinding!
Eben het gesê,
December 13, 2007 at 3:31 nm
Geniet jou welverdiende ruskansie …. en pas jouself mooi op en veilig reis. Onthou volgende jaar is dit ek en jy op Welkom se see-lose strand vir ons jaarlike Va(n)kansie!!
Dankie vir al jou lekker geselsies en grappies en laggies.
((SS))
Butterfae het gesê,
Januarie 8, 2008 at 10:28 vm
Haai! Wanneer kom jy terug?
Dellie het gesê,
Januarie 10, 2008 at 3:26 nm
Ek begin nou ook wonder HOE LANK IS JOU VAKANSIE?
Ons mis jou!
Roer het gesê,
Januarie 11, 2008 at 10:44 nm
Maar my magtag… Jy mag onder geen omstandighede so lank vakansie hou nie
of het die kinders jou SO uitgeput?