Cheers vir eers…
Ek het die afdraende pad gekry! En my voete kan skaars byhou… Nou’s ek reg vir vakansie hou!
Eers nog ‘n rukkie by die huis rond wees en dan die groot kamp aandurf. Op hierdie stadium gee ek regtig nie eers om as ons, tent en al ‘wegspoel’ hierdie jaar nie – ek wil net weg wees van alledaagse dinge!
Vir dié van julle wat vakansie het, geniet ‘n welverdiende break!
Ek sê vir eers, “Koebaai”!
SS


