Kinders en vakansie
Ons is nog net een week in die skoolvakansie in en ek is al klaar moedeloos! My kind sê sy’s verveeld!!!! Sy soek maatjies. (Ek kan verstaan dat dit nie vir ‘n 8-jarige lekker is om net heeldag met ‘n 20 maande oue ‘baba’ te speel nie… maar ‘baba’ verstaan dit glad nie!) En meeste van die maatjies is al weg vir die vakansie!
Ek het nog nie die vakansie-feeling gekry nie en werk nog kliphard aan ‘n paar dinge wat MOET klaar voor middel Desember. So, vir rondspeel en fliek saam met die kindertjies is daar nog nie tyd nie. Die jongste een se roetine slapie in die oggende is weg… missing… skoonveld! Want sussie is dan hier by die huis!
Daar is al geverf, geteken, kerskaartjies gemaak, geswem, koekies gebak, dvd’s gekyk, gelees, pop gespeel, en, en… Natuurlik wil baba alles saam doen – tot ousus se ergernis!! En die weer speel ook nie saam nie. Dit reën elke nou en dan.
Ek is bevrees die ge-kerm gaan my mal maak. Het enige iemand raad vir ‘n moedelose ma?



mykopop het gesê,
November 30, 2007 at 3:52 nm
My broer-hulle kom kuier die naweek uit die platteland en los dan hulle twee seuns hier om weer saam met ons terug te gaan.
Hulle is so ‘n bietjie jonger as ons twee dogters, maar lekker maats. Hierdie kuier word nou al ‘n paar jaar beplan en ek het nou onlangs gesê hierdie jaar moet dit gebeur, veral voor die dogters te groot word.
Hulle het nou ‘n hele lysie wat in die volgende twee weke gedoen gaan word.
Vir jou het ek nie raad nie!
Roer het gesê,
December 1, 2007 at 3:26 nm
Nee. Ek sit in dieselfde bootjie en myne is oud genoeg om te stry en baklei ook (3 jaar en 7 jaar). Die ‘haai, is julle twee boeties dan nie lief vir mekaar nie’ het net die eerste dag gewerk. Ons (‘n paar ma’s by die skool) het maar besluit op ‘n uitruilskema vir volgende week. Elkeen kry ‘n oggend saam met AL die kinders (6 van hulle) anders gaan ons MAL word. Sterkte daar!
platterfuss het gesê,
December 3, 2007 at 1:26 nm
6 op ‘n slag? OMF!!
Ek stel voor….. VALIUMS!!! (of virrie ma’s of virrie kinners….)HEHE!!!
sonstudio het gesê,
December 3, 2007 at 11:14 nm
lol@ Valiums!!
Dellie het gesê,
December 4, 2007 at 8:03 vm
Gelukkig is my beurt verby! Ek dink Roer se plan kan goed werk.
annedelicious het gesê,
December 4, 2007 at 4:08 nm
vader xmas suggests dat jy n bietjie op die kombuis tafel spring!
sonstudio het gesê,
December 4, 2007 at 10:06 nm
Hehe, Anne – glad nie ‘n slegte idee nie!
Eben het gesê,
December 5, 2007 at 6:59 vm
Ai ai SS … belewenis vertel jy ons. Smaak my dinge werk nie uit op va(n)kansie tye vir jou. Al raad wat ek glo kan werk is, gee vir elkeen ‘n sambok om te speel. As een stout is, voeter die ander hom, dus glo ek almal sal soet wees … gie gie
Sterkte vir Roer met die 6 op-’n-slag!!
boendoe het gesê,
December 5, 2007 at 9:44 nm
Sterkte, SS! Lyk my ons sit maar almal met daai probleem! Nagmerrie…