Rooi Blertse
Ek dink ek moet dalk vir ‘n rukkie my blog eerder Rooi Blertse noem! Hoekom? Want ek is, om dit sagkuns te stel, baie die m*#$%*r in!! Om so te sukkel om ‘n lyn te kry om te werk is mos verregaande… for goodness sake, as ek in Pofadder of Koekenaap gebly het, het ek dit miskien verstaan, maar ek bly in Pretoria! Ek vermoed die outjies was dalk ook te bang om hier by my huis aan te kom, want die eerste een wat hier opgedaag het – eers 5 dae NADAT ek die fout gerapporteer het – het nie in ‘n vriendelike, bedagsame, ordentlike vrou vasgeloop nie…
Gister was my lyne aan vir ‘n rukkie, maar nie lank genoeg om by julle te kuier nie. Na ‘n vreeslike geswetsery het ek vir my ‘n wyn’tjie ingegooi en rustig probeer raak. Na die derde glasie wyn het my vriendin se plan nie so sleg gelyk nie: Sy vertel my nou die dag, sy’s so gatvol vir hierdie ratrace. Sy verkoop sommer haar huis, koop ‘n karavaan en gaan bly iewers by die see. Dan gaan sy sandale maak en verkoop vir net genoeg geld om te kan oorleef!
Vandag is ek aanlyn… al vir ‘n paar uur, sonder probleme. Touch wood… Nou gaan ek eers bietjie kyk wat is nuus daar by julle – het julle vreeslik gemis!!



Dellie het gesê,
November 27, 2007 at 2:27 nm
Hey, welkom terug! Ons het net so na jou verlang.
Jong, hier by my is dit die afgelope paar dae dieselfde ding – aan en af. Ek sit nog lekker en lees en dan skielik is ek offline, 10 minute later weer aan, en dan weer af. Dis om van te skree. Miskien doen hulle ADSL load shedding?
Dellie het gesê,
November 27, 2007 at 2:31 nm
BTW, ek tag jou ook nou sommer! Laat ons hoor!
sonstudio het gesê,
November 27, 2007 at 2:52 nm
LOL @ ADSL load shedding!!!!
Damn! Het gedink ek gaan dit vryspring! Sal bietjie later kom geheime uitblaker…
Roer het gesê,
November 27, 2007 at 3:56 nm
Het nogal gewonder of jy nie meer lief is vir ons nie.
boendoe het gesê,
November 27, 2007 at 5:46 nm
Ja, welkom terug! Nou is dit net ou Eben wat so stil soos ‘n landmyn is…
mykopop het gesê,
November 28, 2007 at 2:09 nm
Julle ly nie alleen nie! Myne is nog steeds morsdood. Ek dink die ADSL load shedding is nie so vergesog nie. Iewers kom al die lyne bymekaar en ding mee bv. om internasionale bandwydte, waarvan daar net ‘n beperkte hoeveelheid is. Ek dink hulle verkoop miskien meer as wat hulle het.