Ge-Tag
Ek is deur Dellie ge-tag en moet ook nou 8 ‘interessante’ feite oor myself hier publiseer.
Nou goed, hier gaan ons:
1. Ek is ‘n enigste kind.
2. Ek was in 12 skole deur my skoolloopbaan, maar gelukkig, die laaste 4 jaar van hoërskool darem net in 2 skole! Dankie tog, want groot kinders maak nie so maklik ‘maakies’ soos die kleintjies nie… hehe
3. Ek rig netbal af by die laerskool waar my dogtertjie is (Gr1 en 2’s) – dis baie fun!
4. Ek het eendag, baie moons ago, my neus vel-af geloop teen ‘n growwe baksteen muur, na ’n paar tequila’s te veel! Dit was baie weird, want ek het die muur gesien, maar nie besef ek loop so ‘vinnig’ nie… of so iets… Ek hou nog steeds baie van tequila, maar weet na dese wat my limitations is!
5. Ek is mal oor langarm dans en het ook by sekerlik elke langarm-dansplek in Pta uitgehang doerie jare. Ek kan ramba, samba, cha-cha, jive, ens. – Liefie kan nie… ek het hom al probeer leer, maar dit sink nie lekker in nie. Nou’s hy maar net saam met my op ‘n dansvloer by troues vir ‘ondersteuning’. Hy beweeg net sy voete en hou my vas terwyl ek al die moves doen! (Hy’s ‘n goeie sport en het al vir my ge-breakdance… LOL!!)
6. Ek het diep in my 20’s vir die eerste keer in ‘n kommune ingetrek saam met 4 ouens. Dit het my genees van alle hang-ups wat ek op daardie stadium gehad het… en miskien ook díe wat ek nog sou ontwikkel!
7. Op skool wou ek baie graag draadjies gehad het, maar my tande wou nie skeef groei nie. Ek en ‘n vriendin het dan maar partykeer ‘n rekkie styf om ons tande gesit, sodat ons ook kan ’snaaks’ praat – duh!
8. Ek is mal oor bordspeletjies en kaart speel. My gunsteling is trivial pursuit, 30 seconds, en activity.
En net ‘n laaste een: Ek LOVE sushi en sal dit elke dag van my lewe eet!
Is nie seker wie almal al getag is nie! Ek probeer maar vir Vygie , Annie en Adele.



boendoe het gesê,
November 27, 2007 at 11:46 nm
Jou arme ding! Twaalf skole! Kan nou verstaan hoe jy in ‘n baksteenmuur kon vasloop – moes jou seker baie deurmekaar gehad het!
sonstudio het gesê,
November 28, 2007 at 12:40 vm
Hehe, Boendoe. Het nooit gedink om dit as ‘n verskoning te gebruik nie, maar jy gee my nou blink idee!
adelem het gesê,
November 28, 2007 at 7:45 vm
Ek aanvaar die tag! Thanks!
vygie het gesê,
November 28, 2007 at 8:06 vm
Dankie! Ek aanvaar die tag.
Ja-nee tequila het al menige siel so gepootjie!
mykopop het gesê,
November 28, 2007 at 9:03 vm
Ek wonder of die ding van “stabiliteit vir ‘n kind, heeltyd in een skool” so waar is. Ek dink daar’s baie voorbeelde onder beroemde mense dat dit net van jou ‘n interessanter mens maak, ek dink bv. aan George Weideman.
Lyk my net soos brandewyn het tequila ook geen brieke nie!
Dellie het gesê,
November 28, 2007 at 9:15 vm
Jy wou graag draadjies gehad het?
Nou klink jy nes Skoor wat vreeslik graag haar arm wou breek!
Daai muur vasloop klink amper soos ‘n UDI – Unidentified drinking injury!
KruidjieRoerMyNie het gesê,
November 28, 2007 at 6:26 nm
Ek is ook MAL oor 30seconds al verloor my span gewoonlik. Ek kry al die Hollywood goed reg, maar die res van die verduidelikings/antwoorde is ek maar bietjie aan die stadige kant mee.
Tersia het gesê,
November 29, 2007 at 9:26 vm
Kyk, ek sal ook amper enige ding doen vir Sushi. Die beste plek in SA, met die beste pryse is natuurlik Matsuya!
Marina het gesê,
November 29, 2007 at 11:01 vm
Ja, Tequila lei tot baie skandes!!
Yes VIR BORDSPELETJIES EN SUSHI!!
Eben het gesê,
December 4, 2007 at 6:57 vm
Gie gie sal graag jou man wil ontmoet, al is dit ook ‘ter-ondersteuning’ by ‘n funksie gie gie!! Liewe aarde mens (!!) neus nerf-af geloop …. nee kyk nou het ek alles gelees!!