Krismiskoek
Is dit net ek, of raak vrugtekoek regtig lekkerder hoe ouer ‘n mens word? As kind kon ek dit net nooit in my lyf kry nie, en al die ‘ou’ mense het gesmul daaraan.
Vir die afgelope 3 jaar bring Liefie, elke jaar hierdie tyd, ‘n heerlike vrugtekoek by die huis aan. Die eerste keer het ek hom baie snaaks aangekyk, dankie gesê, en die koek vir my ma gegee. Sy het elke nou en dan vir hom ‘n paar stukkies aangedra. Een aand raak ek lus vir ietsie soets en proe toe nou maar ’skelm’ aan ‘n stukkie. Wow… glad nie te sleg nie! Teen die derde stuk, ‘n paar dae later, was ek hooked.
Die jaar daarna het dieselfde resep krismiskoek weer hier aangekom – teen Krismis was daar nie eers meer krummeltjies oor nie.
Eergister het ons weer ons geliefde krismiskoek gekry! En so sal ons, vir solank daai Tannie hulle bak, elke jaar een bestel. En raai wat? My kinders kry dit ook nie afgesluk nie! Maar ek weet hulle gaan ook eendag ‘oud’ wees.
Ons het besluit ons gaan stadig proe hierdie jaar…



Eben het gesê,
November 15, 2007 at 6:53 vm
Hi SS, maar jy raak my hart se punt nou!! Dis waar ek kon ook nie die gedoente geëet kry. Maar vandag ….
Marilee eet hom glad nie, maar Steyn sal miskien klein bietjies eet, meer agter die kersies aan. Die wit versiersuiker hou ek steeds niks van.
Maar …. My eie mammie bak vir my en haar naaste mens so koek(e). (Soe maar dis al duur die bestanddele)Omdat ek nie regtig mal oor neute is nie, sal sy steeds neute in myne sit, maar ook stukkies chochlate stukkies.
Nou die verskil kom in by my, ek eet dit nie oor die kersseisoen. Ek bêre myne. Ek sal so elke week bietjie OBS oor sprinkel, en dan weer toe maar. Dannnnn ….. ek verjaar in die maand Maart. So middel Maart begin ek aan die koek eet.
Wellll … dan ‘glo’ ek die koek het ryp geword en smaak verseker anders en lekkerder. As jy dit nie al probeer het nie, bêre vir jou so proe-stukkie vir later in Februarie/Maart se kant, dan gesels ons weer.
Dankie vir ‘n lekker posting … gaan my mammie nou skakel in Brits en vra hoe vêr is my ‘krismis-koek’
sonstudio het gesê,
November 15, 2007 at 9:22 vm
Ja, ons krismiskoek kry ook nie daai harde amandel versiering (marsepein) op nie. Ek hou glad nie daarvan nie!
Dellie het gesê,
November 15, 2007 at 10:51 vm
Ek het ook nie daarvan gehou toe ek klein was nie. Nou is dit vir my baie lekker. Liefie en Seun is nog steeds nie mal daaroor nie. Vir ‘n treat, gooi ek bietjie Ideal melk daaroor, laat dit so lekker intrek, dan is dit heerlik. Ek hou ook nie van daai marsepein versiering nie, dis TE soet.
Ebie, ek gaan bietjie OBS ook bygooi hierdie jaar!
Eben het gesê,
November 15, 2007 at 11:01 vm
Soe(!!) Dellie, nou gaan ek weer sukkel met jou .. nie OBS ‘bygooi’ nie !!!! SPRINKEL!! Weekliks dan trek dit in, en dan is dit nie so droog! (he hie gie!) Net-nou is almal getrek op krismiskoek!!
SS dit sal ‘n ding wees as ons op Welkom kom, vir ons jaarlikse ‘vankansie’ by die seelose strand en Delie is getrek op krismiskoek!! Ai ai ai die skande oor ons!! Of praat ek nou alles?
idiwidi het gesê,
November 15, 2007 at 12:17 nm
Ek het ook nie as kind daarvan gehou nie, en nou smul ek ook heerlik saam met die “grootmense”. Dit was dieselfde met olywe en marmelade.
mykopop het gesê,
November 15, 2007 at 3:30 nm
Nee, dis hoe ouer die KOEK word, hoe lekkerder raak hy. Dis nou as jy hom gereeld met nog ‘n bietjie brandewyn bedrup of inspuit!
Idividi ek het ook gedink daar moet seker iets wees in olywe wat ons ligame nodig het, so ek sal myself so nou en dan straf en een eet – nou vrek ek daaroor.
SS, ek het vir jou e-pos gestuur, maar hy sê vir my jou boksie is vol – jammer as dit my skuld is met die aanhegsels. Ek sal hom weer stuur, vir eers sonder die aanhegsels.
sonkind het gesê,
November 15, 2007 at 9:22 nm
Nee, ek kan nou nog nie krismiskoek in my lyf kry nie, en ek is definitief nie te jonk daarvoor nie
sonkind het gesê,
November 15, 2007 at 9:24 nm
Hoe lank kan mens vrugtekoek bere?
mykopop het gesê,
November 15, 2007 at 10:04 nm
Sonkind, ek sou reken solank as wat jy genoeg brandewyn het. Weet nie of jy Tequila kan gebruik nie – LOL!
boendoe het gesê,
November 16, 2007 at 12:45 vm
Ek is ook nie lief vir krismiskoek nie. My vriendin het een jaar vir ons een gemaak – dit was heerlik! Maar dit was die eerste en die laaste!
KruidjieRoerMyNie het gesê,
November 16, 2007 at 6:57 vm
Ek eet nie vrugte nie. Nie eers in ‘n koek nie. Liefie hou daarvan en ter wille van hom het ek probeer een maak so drie jaar terug. Groot vlop. Maar ek weet wat ek verkeerd gedoen het. Sal dit weer een of ander tyd probeer maak. Die bakkery sin sal hierdie jaar moet doen.
Eben het gesê,
November 16, 2007 at 7:20 vm
Roer .. kan nie wees nie!! Jy eet nie vrugte nie. Maggies my liewe vriendin, jy kom uit dié naartjie werêld uit – Brits. Nou verstaan ek hoekom gooi jy naartjies op Nuweland …. gedog dis suur vir jou, al die tyd eet jy nie vrugte!!
Dellie het gesê,
November 16, 2007 at 8:11 vm
OK Ebie, ek sal SPRINKEL!
Suz het gesê,
November 16, 2007 at 2:28 nm
Ek eet ook gladnie vrugtekoek nie, die laate keer wat daar vrugtekoek in my huis was 16 jaar, toe was dit my troukoek.
Eben, ek kan nie wag om Des daar na jou wêreld toe te gaan vir al daardie lekker vrugte nie.
feetjieland het gesê,
November 17, 2007 at 11:04 vm
Mal oor vrugtekoek, maar dis so blerrie duur, iemand nie dalk ‘n goedkoop resep nie?
KruidjieRoerMyNie het gesê,
November 17, 2007 at 2:55 nm
Eben, elke outjie het sy foutjie.
Eben het gesê,
November 22, 2007 at 6:32 vm
Gaaaaapppppp ….. waar is die volgende posting?? Jy skrywe ook so lekker, dat mens uitsien na die volgende ….
Dellie het gesê,
November 26, 2007 at 5:33 nm
Ek hoop jy is besig om jou CD te record, die dat jy ons so lank laat wag vir ‘n nuwe post!
Hoop dit gaan goed!