Happy

Augustus 31, 2007 at 8:38 vm (Pixels)

Ek voel HAPPY vandag!

Lente is in die lug, dis Vrydag en ek het uiteindelik ‘n ding reg gekry waarmee ek nou al twee dae spartel! Dis iets wat ek vir ‘n website doen, wat net nie wou ‘reg’ werk nie. Maar ek het dit! En dit werk soos ‘n charm!

As ek partykeer so met die programme spartel tot laat in die nag, dan haunt die goed my! Ek sukkel om te slaap, want my brein WIL nie afskakel nie. Hiernatoe, daarnatoe. Haal uit, druk bo in. Skuif hier, verander daar! En nog NOOIT het ek my antwoord dan gekry nie… dit gebeur gewoonlik ‘n paar oggende later terwyl ek my tande borsel! WEIRD.

Wel, ek het die afgelope twee dae dit sterk oorweeg om elke uur my tande te gaan borsel. Enige iets vir ‘n oplossing!

En dan voel ek vandag soos ‘n beer wat vir die eerste keer uit ’n winter gat uitklim. Dis uiteindelik lente! Ja, ek weet, eers môre, maar dit is vandag hier by ons darem regtig Lente weer. Alles lyk sommer vir my ekstra mooi. Die voëltjies hier in die tuin getuig ook daarvan. Regtig.

Ag, ek voel sommer net happy!

Geniet die naweek!

SS

Permalink 7 Kommentaar

Sluit die kaste

Augustus 29, 2007 at 8:47 vm (Pixels)

Waar is die d@nnerse sellotape? En MY fineliner, calculator, stapler, permanent marker… waar is al MY goed?

Waarheen verdwyn al die papier en gekleurde karton? Ek kon sweer ons het 12 uitveërs gehad – gister nog. Wat bedoel jy, jy weet nie waar is jou nuwe pritt en skerpmaker nie?

Ek voel vanoggend soos wat ek keer op keer gevoel het toe ek nog tussen ander mense in ‘n kantoor gewerk het. As jy mos eendag nie daar was nie, het iemand sommer jou 2 punt prop en lead ‘geleen’ sonder om ‘n nota te los. En dan moet jy eers ‘n uur spandeer om die culprit te soek, want g’n niemand weet van enige iets nie!!

My kinders is nog nie eers groot nie, maar ek sien ek het klaar ‘n probleem. Toe ek op skool was het ek ‘n girl geken wie se ma al die ‘belangrike’ kaste in die huis toe gesluit het – selfs die kos kaste. Ek was verstom. In ons huis was alles altyd ‘oop’. Niks was toe gesluit nie. Maar ek kan dit verstaan: Ek was nog altyd ‘n ‘ek hou van ‘n ding op sy plek’ tipe mens, selfs as kind.

Deesdae pak ek kaste elke 3 maande reg, sodat ander dit net weer kan deurmekaar maak! Ag nee wat! Ek is nou gatvol daarvoor! Vandag sluit ek die kaste in my kantoor!

Vanoggend is my 7 jarige dogtertjie skool toe met Stefan se verjaardag geskenk in ‘n pienk feëtjie sakkie. (‘n Mens kan nie ‘n present met papier toe draai sonder sellotape nie… ek kon nie eers die duct tape of double sided tape opspoor nie!! Nie eers lint waarmee ek die papier in posisie kon hou nie!) Sy was in trane, maar wou dit nie in die checkers-sakkie sit, wat ek as alternatief aangebied het nie!

Ek het nog steeds nie die sellotape opgespoor nie, maar het intussen op die prestik afgekom…

Lekker dag

SS

Permalink 3 Kommentaar

Kamp

Augustus 27, 2007 at 8:33 vm (Pixels)

Ons en die vriende gaan weer kamp hierdie Desember vakansie!

Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek hou eintlik van kamp… Ek verkies net om dit te doen as dit nie reën nie!

Verlede jaar het dit elke nag en vroegoggend gereën. Dis nou afgesien van die reënbuie in die middae, net wanneer jy lekker by die swembad kuier. Die kinders het dit baie geniet, want dis vakansie en ma sê dis reg, gaan speel maar in die modder. (Snaaks, by die huis het die modder net nie so vreeslike aantrekkingskrag nie!)

Verlede jaar het ek ook vir die eerste keer met ‘n 8-maande oue baba gaan kamp… Dit is nie kinderspeletjies nie. ‘n Kruipende baba is nie lus vir stil sit die hele dag nie. En 5-uur elke oggend sit ek en sy by die tafel onder die gazebo terwyl almal nog heerlik snork. Dis nie snaaks nie – veral nie as jy die vorige aand by ‘n Beeskraal show was en te lekker gekuier het nie!!

Om terug te kom by die reën.

Ons en nog 2 gesinne het darem ons spots mooi ‘hoog’ gekies, slootjies gegrawe en lekker droog gebly. Die 2 ander tente was nie so gelukkig nie. Maar met ‘n waterdigte gazebo vir die kuier area is die Kaap Hollands. 5 Bekers koffie en ‘n ontbyt later, is ‘n mens mos reg vir sjerrie as die reën dan nou nie wil ophou nie.

En so is dit 6 dae later en Oujaarsdag. Dis al 10h00 en dit reën nog steeds katte en honde.  Mense om ons pak op en laai die bakkies – alles is nat en almal lyk redelik gatvol. Maar ons byt vas, want vanaand is dit groot Oujaars-partytjie.

Later die middag steek die son sy kop uit en almal se buie is sommer ligter. Ons kan nou lekker gaan party! Maar min het ons geweet wat wag vir ons…

Om ‘n lang storie baie kort te knip. ‘n Merske storm daai aand later. Die vrouens en kinders bly by die partytjie en die mans gaan stel ondersoek in. Tafels, stoele, gazebo’s, eetgerei, toiletpapier, iets van alles lê die hele kampterrein vol – almal s’n! Die ander 2 gesinne se tente staan nie meer nie en die vrieskas dryf in die water…

Needless to say, maar bitter vroeg, die 1e Januarie 2007 het ons begin oppak (ons het bespreek tot die 3e toe). ‘n Mens kan ook net soveel reën met ‘n smile vat!

Soos ek sê, ons is alweer hard aan die beplan vir hierdie jaar se kamp-vakansie. Hierdie keer kan my jongste al loop en saam met die ander kinders speel. Een van die couples se 1e babatjie gaan 8 weke oud wees, en ‘n ander girl gaan 8 maande swanger wees. Dankie tog ek is nie een van hulle nie!

Lekker dag

SS

Permalink 6 Kommentaar

Moan briewe

Augustus 23, 2007 at 8:12 vm (Pixels)

Julle kry vandag ‘n copy-en-paste, want my kop voel nog dik en ek is nie lus vir dink en kreatief wees nie.

These are clips from council complaint letters. (Presumably from people who live in council houses).

stupid2.jpg

  • My bush is really overgrown round the front and my back passage has fungus growing in it.
  • He’s got this huge tool that vibrates the whole house and I just can’t take it anymore.
  • It’s the dogs mess that I find hard to swallow.
  • I want some repairs done to my cooker as it has backfired and burnt my knob off.
  • I wish to complain that my father hurt his ankle very badly when he put his foot in the hole in his back passage.
  • And their 18 year old son is continually banging his balls against my fence.
  • I wish to report that tiles are missing from the outside toilet roof. I think it was bad wind the other night that blew them off.
  • My lavatory seat is cracked, where do I stand?
  • I am writing on behalf of my sink, which is coming away from the wall.
  • Will you please send someone to mend the garden path. My wife tripped and fell on it yesterday and now she is pregnant.
  • 50% of the walls are damp, 50% have crumbling plaster and 50% are plain filthy.
  • The toilet is blocked and we cannot bath the children until it is cleared.
  • Will you please send a man to look at my water; it is a funny colour and not fit to drink.
  • Our lavatory seat is broken in half and is now in three pieces.
  • I want to complain about the farmer across the road; every morning at 6am his cock wakes me up and it’s now getting too much for me.
  • The man next door has a large erection in the back garden, which is unsightly and dangerous.
  • Our kitchen floor is damp. We have two children and would like a third so please send someone round to do something about it.
  • I am a single woman living in a downstairs flat and would you please do something about the noise made by the man on top of me every night.
  • Please send a man with the right tool to finish the job and satisfy my wife.
  • I have had the clerk of works down on the floor six times but I still have no satisfaction.
  • This is to let you know that our lavatory seat is broke and we can’t get BBC2.
  • Lekker dag

    SS

Permalink 5 Kommentaar

Jou droom…

Augustus 20, 2007 at 11:22 vm (Pixels)

Ek het dit ook… kon die hele winter deur daar op roem dat ek nog nie een keer verkoue/griep gehad het nie, en toe kry die virus my beet gister oggend. Ek voel goor en my Echinaforce is klaar, en by elke apteek waar ek gaan vra, wag hulle vir voorraad! Nie eers een ou klein botteltjie nie. Nêrens!

Ek het nie die krag om vandag my brood-en-botter-geld werk te doen nie.  

Dit bring my by wat ek eintlik wil sê. Ek kan myself skop dat ek nie lankal ‘my droom’ begin leef het nie. Nee, het mos gedink ek moet eerder die ‘corporate ladder’ klim! En party dae is ek sommer vies vir myself daaroor. Ek het nog altyd geweet wat my droom is en wat my regtig gelukkig maak, maar nooit daarvoor gegaan nie. En toe, een wintersoggend, het ek besluit dis nou of nooit. Ek gaan musiek maak!

Ek het bedank en my eie besigheid (brood-en-botter-geld) van die huis begin sodat ek meer tyd kan hê vir die singery. Dis nie altyd maklik nie – wat is? Ek weet net dat ek ‘n baie gelukkiger mens is as 2 jaar terug. Ek kan nou baie meer van my tyd spandeer aan DIT wat my maak tick!!

Ek het ‘n post-it waarin ek heel dag vas kyk. Een wat sê waar ek wil wees teen die einde van hierdie jaar. Ek gaan dalk my deadline met ‘n paar maande mis, maar ek weet ek doen iets om daar uit te kom, ek het nog nie moed opgegee nie, ek PERSEVERE!

Leef jy JOU droom?

SS

Permalink 13 Kommentaar

Sonde met die bure se diere

Augustus 13, 2007 at 10:39 vm (Pixels)

Ek kry Vrydagmiddag ‘n brief in my posbus gerig aan “The Dog Owner”.

(Ons en almal om ons in die straat het honde. Honde blaf as mense verby hulle hek loop. Honde blaf erger as ander honde verby hulle hek loop. Honde blaf die meeste as ‘n rondloper kat hom in die honde se erf bevind! En dan blaf honde net partykeer vir ‘niks’ nie… Een van ons s’n doen dit (partykeer). Ek weet nie of sy bang is nie, maar dan roep ek haar, laat haar inkom en die blaffery is op ‘n einde.)

In elk geval, ek skeur toe die koevert oop en lees ‘n baie ’snotty’ brief. Die skrywer sê my hond blaf van 05:45 tot 22:00 elke dag en hy is nou plain gatvol daarvoor, want dit is ‘n konstante irritasie vir hom. Die skrywer kan aan 3 redes dink hoekom die hond so blaf:

Of die hond is breinloos, of ek kan nie a “useless animal” beheer nie, of die hond word mishandel en soek aandag deur te blaf… ?

Ek lei dadelik af dat hierdie persoon nie ‘n diereliefhebber is nie en lees vinnig verder om te kyk of hy nie dalk sy naam en besonderhede vir my gee nie. Maar nee, hy bly totaal en al anoniem. Hy hoop tog dat ek “manly enough” sal wees om iets aan hierdie saak te doen.

Maar op hierdie stadium is ek reg om die straat in te vaar en aan elke deur te gaan klop om uit te vind wie hierdie idioot is en om dit op ‘manly enough’ manier uit te sorteer. Hy kan my mos nie aanvat oor iets wat NIE die waarheid is nie!!

Die hele naweek pla dit my en ek let veral op waar en wanneer wie se honde blaf, maar geen geblaffery in die hele straat irriteer my so nie.

Vanoggend kom sit ek hier by my lessenaar en lees die brief weer – sommer op die plek weer die duiwel in. Tel die koevert op en lees die adres… die brief is nie vir my bedoel nie… dis my bure se adres!

Ek sal maar vanaand die briefie persoonlik by hulle gaan aflewer. Ek weet hulle het so 3 weke terug ‘n klein Jack Russel gekry. Ek dink die outjie is bietjie eensaam in die dag, want ek hoor hom so nou en dan blaf en tjank…

Ek kan net sien hoe sit daai tannie of oompie en wag vir die hond om te blaf sodat hulle iets het om oor te kerm. Mense met issues wat nie “manly enough” is om dit op ‘n ordentlike manier uit te sorteer nie, gee my ‘n pyn!

SS

Permalink 11 Kommentaar

Women’s Lib

Augustus 8, 2007 at 2:45 nm (Pixels)

Because women’s work is never done and is underpaid or unpaid or boring or repetitious and we’re the first to get fired and what we look like is more important than what we do and if we get raped it’s our fault and if we get beaten we must have provoked it and if we raise our voices we’re nagging bitches and if we enjoy sex we’re nymphos and if we don’t we’re frigid and if we love women it’s because we can’t get a “real” man and if we ask our doctor too many questions we’re neurotic and/or pushy and if we expect childcare we’re selfish and if we stand up for our rights we’re aggressive and “unfeminine” and if we don’t we’re typical weak females and if we want to get married we’re out to trap a man and if we don’t we’re unnatural and because we still can’t get an adequate safe contraceptive but men can walk on the moon and if we can’t cope or don’t want a pregnancy we’re made to feel guilty about abortion and…for lots of other reasons we are part of the women’s liberation movement. 

~Author unknown, quoted in The Torch, 14 September 1987

Dis nou 20 jaar later. Hoeveel het regtig verander? Ja, daar’s miskien baie veranderinge op papier, maar het dit regtig ‘n invloed op party mense se denkwyse? 

SS

Permalink 4 Kommentaar

Geduld

Augustus 6, 2007 at 1:48 nm (Pixels)

Ons het sewe jaar terug ‘n huis gekoop… En die storie begin so:

Ons het min of meer geweet wat ons soek en hoeveel dit moes kos. En toe begin die ‘tydperk’ van house-hunting…

Ek kan glad nie onthou na hoeveel huise ons gaan kyk het nie – dit was baie! En ek (die dom een in hierdie verhaal – net in hierdie een!) het ‘n prentjie in my kop van my droomhuis. My man (die slim een) het my ‘ge-humour’ en geduldig saam gery, gekyk en ge-ooh en ge-aah op die regte oomblikke. Maar hy het klaar sy oog op ‘n plekkie gehad wat ek nie eers op my lysie van moontlikhede gesit het nie. My woorde: “Jy moet van jou sinne beroof wees, as jy dink ek gaan deel wees van daai kooptransaksie!” Sy woorde: “Maar liefie, dis ‘n goeie buurt, naby die skool, redelik sentraal, met hope potensiaal!” Die advertensie vir hierdie ‘lieflike plekkie’ het so begin: “A Renovator’s Dream…” Nou ja, dit sê alles, né.

So kyk ons toe die een huis na die ander. Hierdie een is te ‘dit’, daardie een is te ‘dat’… As hy mooi is, kos hy te veel… As die prys reg is, is hy te klein en is daar nie genoeg plek om aan te bou nie… En so begin die prentjie van MY droomhuis al hoe meer vervaag.

Ek stem toe in om vir ‘n tweede keer na bg. ‘Renovator’s Dream’ te gaan kyk. Die huis was op daardie stadium ‘n studente kommune. Daar was NIE die reuk van moerkoffie en varsgebakte muffins wanneer jy die voordeur oopmaak nie!

Om ‘n baie lang storie kort te knip. Die ’slimme’ en ons bankstate het my oorreed om dié juweel ons s’n te maak.

En so begin ons toe bou, uitgrawe, opvul, uithaal, insit, aanbou – stukkie vir stukkie, want ons doen alles eers as ons die kontant daarvoor het. Dit kos blêddy goeie beplanning, want ek moet letterlik van die een vertrek na die ander een toe trek. Elke nou en dan is my sitkamer op ‘n ander plek en staan daar studeerkamer-meubels en bokse in my kombuis! Hulle noem dit fases! En jy kan nie met fase 5 begin voor fase 4 nie klaar is nie, want dan het jy glad nie meer ‘n kombuis nie…!

Dis nou al sewe jaar later en ek dink ons is besig met fase 9. Vyf jaar terug het ek amper een dag my tentjie gevat en bos toe getrek. Drie jaar terug was dit so ampertjies of my man het die trekpas met tentjie en al bos toe gekry. Verlede jaar was alles so bietjie agter skedule toe ek met ‘n 3 dag-oue babatjie huis toe kom. Hulle was nog nie klaar met die uitkap van mure binne my huis nie… Ag, ek het ‘n boek vol donderweer-stories. En hope lysies van “The do’s and don’ts when renovating”. Maar ek kan ook sê dis lekker wanneer ‘n deel klaar is en dis NET reg – net soos ek dit wou gehad het. Dis ‘n lekker gevoel!

Soos ek gesê het. Ons is nog nie klaar met die ‘juweel’ nie en partykeer druk die bouery my in ‘n donker hoek in. Ander kere sien ek die lig en die ‘bigger picture’! Maar hier bly en leef ons, en leer ek elke dag van die groot woord… GEDULD.

Permalink 4 Kommentaar

“Spiritual Partnership”

Augustus 3, 2007 at 8:50 vm (Pixels)

Ek het nou die aand hierdie ’raak-gekyk’ op tv. 

Dis vreemd hoe (party) van ons net nie hierdie konneksie kan maak as ons jonger is nie. Maar gelukkig kom wysheid (soms) met ouderdom. Nie dat ek stokoud is nie, maar thirty-something kom tog met sy voordele. Ja, en ek weet 40-something en 50-something, en so aan, ook! Maar hoe vinniger ons sekere goedjies kan verstaan, hoe vinniger kan ons ons ‘kieries’ weggooi. Daai ‘issues’ wat ‘all-consuming’ is wat ons so graag as verskonings gebruik…

Hoe kan ‘n mens enige iemand om jou gelukkig maak, en erger nog, hoe kan jy verwag dat iemand jou moet gelukkig maak, as jy nie met jouself gelukkig is nie! En dis NIE ‘n cliché nie.

Ek wou die gesprek wat met Gary Zukav gevoer is vertaal, maar het nie daarby uitgekom nie. Het sommer van die belangrike info ge-copy van die website af en hier gepaste. (En dis nie net van toepassing op getroude mense nie…)

“… Gary Zukav is the author of Seat of the Soul. Now he wants to help you transform your relationship from what he calls “an ancient archetype” of marriage into something more—a “spiritual partnership. The traditional model of marriage is primarily about enhancing the survival of the participants. The couple work together toward common goals but keep emotional distance. In a marriage, the partners often don’t want to rock the boat. They want to keep things together.

The energy dynamic itself is very different in a traditional marriage than it is in a spiritual partnership.The spiritual partnership does not necessarily require religious belief, but does require people who work together for “something more.” In practical terms, we’re talking about getting to know yourself—getting to know what you’re feeling, what you’re thinking, what you’re intending, what your fears are, and what your loves are. That is, what it means while you’re walking on the earth.

What happens when the honeymoon is over?

In a recent poll, 60 percent of respondents said they believe in the idea of each person having one soul mate who has the ability to “complete” you—like Tom Cruise’s line from the movie Jerry Maguire. That’s a myth and if you think about it, you’ll see it for yourself. Only you can complete yourself. No one can complete you for you. If you think your relationship is solely based on the “dynamic of romantic attachment”—that your partner has the exclusive ability to complete you—you will be disappointed when the “honeymoon phase” passes. You begin to see, eventually, that all of your expectations that you put on someone else were unrealistic .A spiritual partnership strives for more than just marital vows to provide material comfort. If you want to have the kind of relationship that your heart yearns for, you have to create it. You can’t depend on somebody else creating it for you. What a difference intention makes The key to understanding the current state of your relationship—whether it is or is not a spiritual partnership—is to look to your past. Gary suggests asking what your real intention was when you entered your relationship. If what you’re experiencing in the present is painful, you can look at what you did to create it. Once you make that connection, then you can begin to create differently by making different choices. Your intention is what makes all the difference in what your life will be like. What gifts do you want to give to the world? What is your potential? Why are you on the Earth? You have a reason—fulfill it.

Why should intention matter in your life? Someone may want to make more money so they can buy a more impressive car so they can feel better about themselves. Or, someone who works three jobs because his wife has a potentially life-threatening illness and he doesn’t have health insurance. These are vastly different intentions. One is based in fear—the feeling of inadequacy and the need to impress others with a car, with a home. The other is based purely in love.

How 5 words can change your relationship

Are you in a spiritual partnership? The first step to finding out, is to write down five words that describe your marriage/relationship that you’re in right now.
Be as honest as you can—don’t write down words that describe what you wish it would be. Ask your partner to do the same thing. “It will start a very interesting conversation”. C
ouples must have good intentions if they want to achieve spiritual partnerships. You can’t be loving while you’re judging. You can’t be loving while you’re criticizing. You can’t be loving while you’re blaming. … In a spiritual partnership, your commitment is not to the relationship. Your commitment is to your own spiritual growth because [that's] how you can create the relationship that you want.

The requirements for a spiritual partnership 

Most people enter into marriage with many different intentions. A spiritual partnership is a dynamic that can be entered into with just one intention…spiritual growth. It doesn’t mean you go out and you say, ‘I’m going to create a spiritual partnership’. It means that your intention is to become aware and responsible for yourself. Spiritual partnerships have four main requirements—commitment, compassion, courage and conscious communication. Couples should stop looking outward and begin looking inward …”

Permalink 2 Kommentaar

‘n Liedjie in wording

Augustus 2, 2007 at 1:45 nm (Pixels)

Soos dit is…

Op die kronkelpad van my gedagtes
Stap jy met jou kitaar
Met ‘n song oor jou lewe
En ‘n vryheid wat jy na strewe

In die skaduwee van my siel
Sit jy en lees jou stories
Van jare se verbygaan
En elkeen se wentelbaan

Kom sing vir my ‘n liedjie
Vertel vir my ‘n storie
En skryf vir my ‘n briefie
Van toe… en nou… net soos dit is…

In die storms van my hart
Het jy in die reën gewag
Met ‘n briefie in die sand
En ‘n lelie in jou hand

In die melkweg van my lewe
Is jy die helderste ster
Jy skyn vir my ‘n pad oop
En dis waar ek altyd sal loop…

SS

Permalink 2 Kommentaar

Next page »