Jeans…

Julie 27, 2007 at 10:52 vm (Pixels)

Ok. So, ek het my eerste blog experience oorleef. Dit was so lekker, ek’s terug vir nog.

Ek hou van jeans! I’m a jeans & t-shirt kinda gal! Dis gemaklik en met ‘n bietjie ‘dressing-up or down’, kan jy dit (amper) enige plek heen dra.

Die probleem: Die bekostigbare perfect fit…? (Ek weet nie of mans ook so dilemma het nie…)

In die eerste plek het ek te laat by die ry, waar lengte uitgedeel word, aangesluit. Nie omdat EK gesloer het nie, maar omdat hulle my te lank besig gehou het by die ‘natural perm -look’ afdeling.  Jeans is ALTYD te lank.

Dan, as jy daai jeantjie so van die rak afhaal, begin jy hom al scan (veral as dit ‘n ’stretch-fit’ is). Hierdie middel, boude, heupe, bobene; daardie stukkie materiaal…? Ek is gelukkig van nature ‘n baie optimistiese mens, en hang daai broekie so oor die arm terwyl ek nog scan en nog oor die arm gooi. En dan is dit aanpas-tyd!

Nou kyk, ek verstaan dat groottes nie altyd dieselfde is nie, agv verskillende style, ens. Maar partykeer is dit sooo ekstreem, dat ek net weer moet seker maak wat op daai labeltjie staan. Ek hou ook van ‘n jean wat laer sit. Nie die ‘teen-girl-hipster’ wat net-net bokant … uhm … vasmaak nie. Maar definitief nie daai wat so net onderkant jou armholtes vas-zip nie! En gee asseblief vir my bietjie bootleg – die balans voel net reg. En met ‘n paar boots aan voel ek sommer dunner EN langer. Sakke op die gat is ‘n MOET op my jeans, en as daar nie lissies aan is om ‘n belt deur te ryg nie (ek dra nie altyd ‘n belt nie, maar daar MOET lissies wees), beland hy ook op die hoop van ‘NO-GO’s in die hoek van die aantrekkamers.

Dit alles in ag geneem - en die feit dat jy nie ‘n klerehanger nodig het om die zip op te trek nie; dat die effens ronder dele wat partykeer geneig is om op snaakse plekke hulle self tuis te maak, hulle eie spesiale plekkie in die jean kry; en daai ‘not to bad’ uitdrukking op jou gesig en kop-knik ‘approval’ wat jy jouself in die spieël gee, nadat jy jouself so van hierdie- en-van-daardie kant af bekyk het -DIT is in kort my vereistes vir ‘n perfect fit.

Ek het ‘n verskeidenheid van jeans, en daar is net 1 wat vir my perfek is. Hy het sommer ‘n ere-plek in die kas ook. Al swetsend dra ek maar die ander ook, net om hulle nie minderwaardig te laat voel nie. After all, jy kan ook net soveel keer dieselfde jean aantrek!

Geniet die naweek

SS

NS: Baie dankie vir die verwelkomings. Kom loer maar elke nou en dan in.

Permalink 5 Kommentaar

‘n Eerste keer vir alles

Julie 26, 2007 at 4:23 nm (Pixels)

Nou ja. Hier is ek ook. Hier in die GROOT Blogwêreld.

Ek moet sê, dit voel nou nog so effens asof hierdie nie myne is nie en of ek maar net ‘n comment vir iemand los. Nou-nou wanneer ek daai save en publish knoppie druk, weet ek, gaan ek vreeslik angstig voel.

Dis soos wanneer ek die F1 key moet druk as ek ‘n program geskryf het om data te verander… daai benoude gevoel, saam met die koue sweet op jou voorkop… “Het ek DIT nou REG gedoen? – ek hoop so!” En dan druk ek F1. En dan bid ek hardop.

Toe ek die eerste keer gaan valskermspring het, het ek ook so benoude gevoel gekry toe die instrukteur daai aerie se deurtjie oop skuif… Ek was heel kalm, tog baie opgewonde, tot DIT gebeur het. Ek het nie daai dag hardop gebid nie, maar die vyf manne saam met my het allerhande dinge hardop gedoen! Maar die valskerm-storie sal ek bêre vir ‘n ander dag.

En my eerste bungee jump… ge-harnas en reg vir dié ervaring… tot ek op die punt van die stellasie staan en af kyk. Wow! Dit voel mos of die aarde jou daar van doer bo af summier wil aftrek onder toe – nog voor jy reg is. Benoud is nie die woord nie. 3! 2! 1! JUMP! En daar spring ek. Oeeee, dit was lekker. (Het dit nou al ‘n paar keer weer gedoen en dit bly lekker.)

Ja, daar is ‘n klomp ‘eerste kere’ waaroor ek kan gesels, maar ek gaan nou vir eers hier stop en kyk hoe lyk hierdie inskrywing. Daar’s mos nog baie tyd vir langer stories. Dis nou as ek oor blogging voel soos wat ek oor bungee voel!

SS

Permalink 7 Kommentaar